Jy weet hoe jy as klein meisie begin droom het oor jou Prince Charming en jou groot dag en oor jou pragtige wit rok wat agter jou aan sleep? So het Livia & Co. daardie droom ‘n realiteit gemaak.
Ek het flinders gehad oppad na die boutique toe en het nie geweet wat om te verwag nie. Vanaf ons daar ingestap het tot ons daar uit is, was elke minuut so spesiaal gewees. Wie sou sê dat ek my rok in een sessie sou kry? Danksê Zelmari was dit ‘n gemaklike en prettige ervaring. Sy het geluister na elke detail van ons troue se beplanning en gevra waarvan ek hou en volgens dit vir my opsies voorgestel. Nou dames kom ek sê julle, ek het altyd gedink ek sal in ‘n spesifieke rok trou my hele lewe lank, maar tot my teleurstelling was dit nie die geval met die aanpas van die rok nie, MAAR so vinnig het Zelmari gesien wat sal werk saam met my en wat nie. Ek het van die mooiste rokke aan gepas en een van die lekkerste dae van my lewe gehad.
Hulle is ‘n fantastiese span en maak plan met alles. Vir enige probleem het hulle oplossings en as ‘n bruid kan julle verstaan dat dit baie druk van jou af vat. Hulle was vinnig op hulle fone om te kon antwoord as ek vrae gehad het en dis ‘n groot plus punt.
Dankie Livia & Co. dat julle my sprokiesdag volmaak het met my asemrowende rok. Ons wens vir julle ‘n ryk toekoms voor met nog vele bruide wat kan voel soos wat ek en elke ander bruid, wat saam julle gewerk het, gevoel het.